Wena Naudé word beskryf as ‘n aktrise van formaat en word ook beskou as een van die pioniers in die Afrikaanse toneelkuns.
Sy het in haar loopbaan as aktrise in meer as dertig Suid-Afrikaanse rolprente gespeel waarvan die bekendste sekerlik in die sewentigerjare was en vandag nog gestroom kan word. Van hierdie films sluit in: Die troudag van tant Ralie (1975), Ma skryf Matriek (1975) asook Daar kom Tant Alie (1976). Volgens bronne het sy ook in elf toneelstukke gespeel waaronder Huistoe, Die Heks asook Op Hoop van Seën en vele ander.
n 1954 het sy die Erepenning vir Toneelkuns van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns ontvang. Sy is op 31 Desember 1905 in Wakkerstroom gebore en het skoolgegaan op Volksrust en Lydenburg.
Wena Naudé sal onthou word vir haar uitmuntende talent en haar werk sal vir ewig onthou word. Sy het gereeld mense op die ou groot skerms van inryteaters laat skater van die lag en ook ernstige rolle puik vertolk.
Sy is in Pretoria oorlede op 6 September 1978.
Foto: Verskaf deur AJ Opperman, Facebook, soos verskaf deur Alwena van der Westhuizen
